Kuberboelie: Die moderne speelgrond van verwoesting
Megan Meier, Hannah Smit, Rachael Neblett, Ryan Halligan en Amanda Todd is voorbeelde van tieners tussen 13 en 17 jaar wat selfmoord gepleeg het omdat hulle die slagoffers van Kuberboelies was. Hulle het deel uitgemaak van die 63% tieners wat aanlyn geboelie is en 9% uitgemaak van die tieners wat selfmoord pleeg as gevolg van kuberboelie. Hulle was nie die tipiese maer, swak, tingerige, skaam tieners wat op die ou tradisioneele manier geboelie was nie, inteendeel hulle was sterk van karakter, mooi en vol selfvertroue.
Kuberboelie vind plaas wanneer 'n kind of tiener gebruik
maak van die Internet , e-pos, sms-boodskappe en sosiale webwerwe om ‘n ander kind te teister, af te kraak, verneder of beledig. In teenstelling met tradisionele boelies hoef kuberboelies nie fisiese krag of aangesig - tot-aangesig kontak met hul slagoffer te he nie. Kuberbullies kom in alle vorms en groottes voor en kan tieners boelie sonder om hulle ware identiteit te openbaar. Nog ‘n verskil is dat kuberboelies hul slagoffers 24 uur per dag kan martel. Die slagoffer word nou nou net meer by die skool geboelie nie, maar ook in sy/haar eie huis wat voorheen as ‘n plek van veiligheid beskou is.

Kuberboelie in die moderne wereld het veroorsaak dat nie net die swak en klein tieners geboelie word nie, maar ook die groot en sterkes. Toe die ou tradisionele boelie nog bestaan het, wat groter en sterker was en sy slagoffers fisies seergemaak het, was daar etlike gevalle van selfmoord en depressie. Hierdie boelie kon ook net vir ‘n sekere aantal jare sy slagoffers seermaak, voordat hy/sy klaar was met skool. Tradisionele boelies kon nooit hul slagoffers seermaak by hul huise of ‘n plek waar die slagoffer veilig gevoel het nie. Deesdae kan enige iemand geboelie word deur middel van sosiale netwerke. Kuberboelie kan vir ewig aanhou indien die slagoffer nie om hulp soek nie. Daar is bevind dat net 1 uit 10 tieners hul ouers of ‘n individue wat hul vertrou in kennis sal stel dat hulle ‘n slagoffer is van kuberboelie is. Tieners wat aan kuberboelie blootgestel word is angstig, deppresief en aggresief omdat die kuberboelie enige tyd van die dag met hulle kan kommunikeer, by hul huis of selfs die plek waar hulle die veiligste voel.
Sosiale netwerke het die boelie se nuwe speelgrond geword. Hierdie speelgrond is natuurlik baie veiliger vir die boelie omdat daar nie soekende oe, onderwysers of ‘n gehoor is nie. Die boelie kan nou agter ‘n rekenaar skerm wegkruip en vir hom/haarself ‘n valse identiteit skep en anoniem bly. Hulle is vry om te se net wat hul wil aan die slagoffer sonder om in die moeilikheid te kom. Die boelie maak ook nie die slagoffer fiesies seer nie, daar is dus geen teken vir die ouers dat hul tiener die slagoffer is van ‘n kuberboelie nie. Die slagoffer kan nooit die kuberboelie identifiseer nie, wat dit net nog lekkerder maak vir die boelie om met sy/haar veldtog voort te gaan. Hierdie faktore veroorsaak dat die boelie ‘n tipe onsigbare mag oor sy slagoffer het wat niemand behalwe die slagoffer kan voel nie .
Tradisionele Boelie:
#Aangesig tot aangesig #Skool #Tydens skooldag #Kleiner gehoor |
Kuberboelie: ·
#Anoniem· #Enige plek – skool, huis, restaurant ens. #Hele dag lank, elke dag #Groter, moontlike globale gehoor |
Kuberboelie kan gemotiveer word deur woede , wraak of frustrasie. Soms word dit gedoen vir vermaak omdat die boelie verveeld is, te veel tyd op hulle hande het en te veel tegnologiese dinge tot sy/haar beskikking het. Selfs op hierdie speelgrond is die kuberboelie gewoonlik iemand wat die slagoffer ken of in hul vertroue in geneem het. Die kuberboelie lok gewoonlik reaksie uit by die slagoffer se vriend(inne)/(e) as hy/sy die slagoffer se geheime en persoonlike denke op die hele sosiale netwerk uitblaker. ‘n Kuberboelie kry ook meer skade uitgerig aan die slagoffer as die slagoffer se vriende/vriendinne self aan die teisterende boodskappe begin deelneem en stuur. So kry die kuberboelie vir hom/haarself ‘n paar aanhangers. Die slagoffer sal erger beinvloed word oor dinge wat nou vir hom/haar gese word omdat sy/haar vriende ook nou deelneem.
Kuberboelie kom die algemeenste voor by tieners tussen 13 en 16 jaar. Hierdie is die oorgangs jare vir ‘n tiener waar hulle besig is om groot te word. Tieners is in hierdie staduim van hul lewe meer sensitief en emosioneel, maar ook meer kwesbaar is vir groepsdruk en kritiek. Tieners sukkel om hulself te vind in ‘n see van nuwe emosies en fisiese veranderinge . As ‘n kuberboelie moet toeslaan op so ‘n “onstabiele” tiener sal die tiener meer geneig wees om hulself aan die opmerkings van die kuberboelie te steur.
# Kuberboelie slagoffers is tussen 2-9 keer meer geneig om selfmoord te orweeg as die nie slagoffers, volgens studies deur Yale Universiteit.
# 'n Studie in Brittanje het bevind dat minstens die helfte van selfmoorde onder jong mense verband hou met kuberboelies.
# 1 uit 4 tieners word geteiken deur kuberboelies.
# 7 uit 10 tieners is die slagoffers van kuberboelie.
# 37 % van tieners ervaar kuberboelie op‘n gereelde basis.·
# 20 % van die jong mense ervaar uiterse kuberboelie op 'n daaglikse
basis.
# Tieners is 2 keer meer geneig om op Facebook geboelie te word as op
enige ander netwerk.
# Facebook, Twitter en Ask.FM is die algemeenste sosiale netwerke waarop
kuberboelie plaasvind.
# 54% van tieners wat Facebook word geboelie.
# 28 % van tieners wat Twitter gebruik word geboelie. ·
# 26 % van tieners wat Ask.FM gebruik word geboelie.

Die feit dat daar omtrent 100 000 tieners elke dag by ‘n sosiale netwerk aansluit vergroot net die speelgrond vir die kuberboelie. Die slagoffer weet dikwels nie wie die kuberboelie is nie en is dus meer geneig om iets leliks terug te skrywe. Dit is net hier waar die kuberboelie en tradisionele boelie, wat jou agter ‘n hoek op die skoolgrond vashou, een word. Die kuberboelie dwing jou tot stilte, nie met houe nie maar met woorde, die slagoffer kan maar net luister. Die slagoffer besef gou dat die moderne speelgrond van die kuberboelie baie gevaarliker is as die stowwerige speelparkie. Die slagoffer sal eerder ‘n paar houe verduur as om aanhoudend die kuberboelie se afkrakende boodskappe te ontvang. Woorde steek tog dieper as dade...